La Rochelle Girls High School
 

4M Atletiekbyeenkoms



   
 

La Rochelle het ‘n baie geslaagde 4M-Atletiekbyeenkoms op Coetzenburg aangebied.

Die prag-gekleede dirigente, gelei deur Annabé Marais, van Larries in Wonderland, het die oog gevang, terwyl Mej. La Rochelle 2010, Leentjie Visser, as Sjampanjenooi opgetree het.

Dit was ‘n spannende naelbyt-aand. Bloemhof het met 399 punte geseëvier, gevolg deur Girls’ High (398), La Rochelle (395) en Rhenish (155).

Narieke van der Walt was die beste o.15-atleet met haar 5,83m in die verspring (967 punte op die ABSA-tabel), terwyl Courtney du Plessis (Driesprong, 10,92m; 821 punte op die ABSA-tabel) die o.19-beker deel met Mariska Smit van Bloemhof.