La Rochelle Girls High School
 

Bybelprojek


   
   

Mev. Elmien Thom, wat aan die hoof staan van Bybelonderrig in La Rochelle het 'n interessante projek aan die leerders voorgehou. Dié vrywillige taak het van leerders verwag om koning Dawid van die Bybel op 'n kreatiewe wyse voor te stel. Dit kon 'n prent, plakkaat, opstel gedig, kortverhaal of selfs 'n toonsetting van een van Dawid se psalms wees. Soos gewoonlik het die leerders verstom met hulle entoesiasme en kreatiewe skeppings. Hierdie is van die voorbeelde.