\n');
}
function MM_swapImgRestore(itemNo) { //v3.0
if(is_selected_item != itemNo) {
var i,x,a=document.MM_sr; for(i=0;a&&i Op Hemelvaartsdag, 2 Junie, het hierdie groep Larries veertig heliumgevulde ballonne met Christelike boodskappe die lug ingestuur.
Hemelvaart belangrik in La Rochelle

Omdat Hemelvaartsdag nie meer ’n openbare vakansiedag is nie, wou ons hiermee mense weer herinner aan die betekenis van die dag: dat Christene die Hemelvaart van ons Koning Jesus gedenk, en uitsien na die dag wanneer Hy volgens die Bybel, weer net so op die wolke sal kom.
Die inisiatief het uitgegaan van Rochelle van der Toorn, ’n graad 10-leerder. Sy het geld ingesamel by almal wat graag wou deelneem, die ballonne gaan koop en laat vul, en dit Donderdag-oggend skool toe gebring.