La Rochelle Girls High School
 

La Rochelle Netbal wen silwer-medalje



Die Eerste Netbalspan van die Hoër Meisieskool La Rochelle het aan die ALL GIRLS’ SCHOOL FESTIVAL in Oos-Londen deelgeneem.

Die span bestaande uit (voor) Anlezia Venter, Mandolene Hermanus, Anne van Schalkwyk, Charlé Coetser, (agter) Jaydi-Leigh Meyer, Noline Gunter, Lorné Lourens, Anushke Molnár, Nicky Ras en Nasthasha Dippenaar het al 6 wedstryde in die eerste rondte gewen, waarna hulle teen Eunice in die semi-finaal te staan gekom het. Die Larries klop hul opponente in ekstra tyd, maar verloor naelskraap (22-27) in die finaal teen Oranje Meisieskool.

Na aflloop van die toernooi is Mandolene Hermanus as die beste Senterbaan-speler van die Toernooi aangewys.