La Rochelle Girls High School
 

Larrie-Week


Larrie-Week


 'n Crafts werkswinkel is aangebied.
 Daar was 'n danssessie.
   
 In Sonneblomvrou is 'n ode aan vroue gebring. Wetenskapwerkswinkels is aangebied. Hier word daarmet valskerms geëksperimenteer.
   
 Elsabé Aldrich (regs) het 'n praatjie aangebied: " Is jy cool of is jy commen?"  Hanru Niemand het 'n werkswinkel oor die skryf van lirieke en poësie aangebied.

‘n Baie suksesvolle Larrie-Week is deur mev Marionelle Shaw en me René Bester gereël.

Verskeie sprekers het opgetree en dit was duidelik dat die Larries al die aanbiedings baie geniet het.

Dr. Pierre van der Spuy, ‘n motiveringspreker, het die belangrikheid van PASSIE uitgelig, en dat sukses en rykdom nie ware vreugde en vrede bepaal nie.

Die tiener-kenner, Elsabé Aldrich, het die vraag, “Is jy cool of common?” gevra.

Sonnet Vorster het ‘n baie interessante aanbieding gedoen oor hoe etiket van land tot land verskil, terwyl Tobia Pretorius se praatjie die egte, formidabele vrou uitgelig het.

Every day during Break, there were numerous workshops: Science Challenges (designing bridges, parachutes, a balloon sosatie, a boat and a car); Charmaine Grundlingh - Discovering your Identity; Photography by SIPS De la Roche Hair Studio; Writer’s Workshop by Hanru Niemand; Isa Carstens – Make-up; Juanri – a beauty consultant; Crafts by Estelle Traut.

Vir die meer aktiewe Larries het Virgin Active se Alida “bootcamp-oefeninge” aangebied, terwyl Rayleen Williams die dogters deur verskeie danspassies gesit het. Thalina Roos het Pilates- en Water-aërobiese oefeninge aangebied

Die hoogtepunt van die Week was die aanbieding van die Sonneblomvrou-konsert deur die Koor, Con Spiroto-Ensemble & soliste onder leiding van Lientjie Olivier, met projeksies deur Gerhard Laubscher.

A Fashion Show (dressing up as a formidable woman of your choice) ended a fun-filled week.