La Rochelle Girls High School
 

Oud-Larrie presteer op Stellenbosch



Maryke van der Walt (geb Thom, matriek 2006), het op 12 Mei by ’n US-raadsvergadering die dekaansmedalje van die fakulteit Natuurwetenskappe ontvang. Die medalje, van soliede silwer, word toegeken aan die student met die hoogste gemiddelde persentasie in B Sc en B Sc-Honneurs aan die US.

Maryke het in 2009 B Sc (Wiskundige Wetenskappe) verwerf en in 2010 B Sc Honneurs (Wiskunde). Haar gemiddeld oor die vier jaar was 92%. Sy is tans besig met M Sc in Wiskunde onder leiding van prof Johan de Villiers, en werk as studente-assistent in die Dept Wiskunde.

Haar man, Tjaart, met wie sy in Desember 2010 getroud is, werk as rekenaarprogrammeerder in Somerset-Wes. Hulle woon op Stellenbosch.