La Rochelle Girls High School
 

Prysuitdeling 2011


 

By die Akademiese Prysuitdeling wat in die Toringkerk plaasgevind het, ontvang die aktrise en oud-Larrie, Lida Botha (matrikuleer in 1953), ‘n Ere-toekenning vir haar merkwaardige bydraes tot die Kunste op nasionale vlak. By dié geleentheid, waar sy as gasspreker opgetree het, ontvang die volgende Larries pryse: (voor) Nicola Bruns (Abigail le Riche Trophy for Enthusiasm, Dedication and Spirit in the true meaning of Passion for Life) , Anja Barnard (Elsa Klompje-wisseltrofee vir toewyding, prestasie en onderskeiding in die Kunste), Zandri Snyman (Beste Prestasie in Akademie & Sport), Leentjie Visser (Sportvrou van die Jaar), Jaydi-Leigh Meyer (Veelsydigste Sportvrou van die Jaar) en agter Chloé Pheiffer (Kultuurvrou & Veelsydigste Sportvrou van die Jaar) en Arina du Toit (Hoogste Prestasie in Akademie & Kultuur).