Akademiese erekleure word as volg toegeken:
VOLKLEURE
Geel omboorsel op die skoolbaadjie met ‘n eenmalige goue balkie.
HALFKLEURE
‘n Eenmalige blou balkie.
Leerders moet vir al drie eksamens teenwoordig wees en ‘n volledige eksamen skryf. As ‘n leerder afwesig is gedurende ‘n eksamen, sal punte slegs verwerk word in die volgende gevalle:
• Indiening van ‘n mediese sertifikaat.
• Gevalle van dood in die onmiddellike familie.
• Waar ‘n leerder Suid-Afrika op internasionale vlak in ‘n erkende sport- of kultuur-aktiwiteit verteenwoordig.
VOLKLEURE
Volkleure word toegeken aan ‘n leerder wat ‘n gemiddelde persentasie van minstens 90% behaal het oor die drie eksamens (Maart tot September), met dien verstande dat die kwalifiserende 90% ook in die Junie-eksamen behaal is.
HALFKLEURE
Halfkleure word toegeken aan ‘n leerder wat ‘n gemiddelde persentasie van minstens 85% behaal het oor die drie eksamens (Maart tot September), met dien verstande dat die kwalifiserende 85% ook in die Junie-eksamen behaal is.
VOLKLEURE
Volkleure word toegeken aan ‘n leerder wat ‘n gemiddelde persentasie van minstens 85% behaal het oor die drie eksamens (Maart tot September), met dien verstande dat die kwalifiserende 85% ook in die Junie-eksamen behaal is.
HALFKLEURE
Halfkleure word toegeken aan ‘n leerder wat ‘n gemiddelde persentasie van minstens 80% behaal het oor die drie eksamens (Maart tot September), met dien verstande dat die kwalifiserende 80% ook in die Junie-eksamen behaal is.
VOLKLEURE
Volkleure word toegeken aan ‘n leerder wat ‘n gemiddelde persentasie van minstens 80% behaal het oor die drie eksamens (Maart tot September), met dien verstande dat die kwalifiserende 80% ook in die Junie- of September-eksamen behaal is.
HALFKLEURE
Halfkleure word toegeken aan ‘n leerder wat ‘n gemiddelde persentasie van minstens 75% behaal het oor die drie eksamens (Maart tot September), met dien verstande dat die kwalifiserende 75% ook in die Junie- of September-eksamen behaal is.