Dis Januarie 1956 …
Ada Sieberhagen uit die dorre Karoo gaan hoërskool toe – La Rochelle, Paarl toe!
Daardie dae het die skole op ‘n Maandag begin en op ‘n Vrydag gesluit vir vakansies. In die eerste en vierde kwartale was daar net 1 af-naweek per kwartaal, in die tweede en derde kwartaal, 2 af-naweke.
Koshuisgangers kon een namiddag aan begin en een namiddag aan die einde van die kwartaal “dorp” toe gaan. Jy mag nie sit in ‘n kafee nie, moet ‘n koeldrankie staan-en-drink! Jy teken UIT en weer IN by juffrou op diens by koshuis, jy gaan uit met volle skooldrag en panama-hoed op die kop!
Ons van die binneland het per trein huis toe gegaan vir vakansies. Ons was per huurmotor na Hugenote Stasie Vervoer – Woensdagaand kon ons opklim en het dan eers Donderdagaand by ons bestemming aangekom.
Met jou aankoms by La Rochelle, was ons nog behoorlik “gedoop”. Vir twee weke is daar allerhande gekkighede deur die “doop kommitee” aan jou gedoen – beste was om saam te speel, anders word jy “gestraf”! Ek was “vreesbevange” vir die doopkaptein. Agterna besef mens dat dit ‘n baie oulike manier was om jou “tuis” te laat voel en jy byna almal leer ken, ook die wette van die skool en koshuis.
Ons skooldrag was spierwit rokke (vir somer) en ook navy romp en wit hemp. Ons mag geen “bont klere”, nie eens naweke, gedra het nie, net skooldrag. Sondae ‘n wit rokkie met moue en sykouse (met nate agter jou bene af!)
Mej Grundlingh was ons skoolhoof, mev. Lubbe die Koshuis-moeder. Mev. Coetzee, een van die vloer-juffrouens in die koshuis (oud knol) – almal het mos maar ‘n bynaam gehad. My bynaam was TROMPIE gewees , end-uit tot in matriek. Mev Coetzee was genadeloos, veral as sy uitvind van ‘n middernag-fees! (wat ons gereeld gehou het).
Ons was verbied om in die koshuis te dans. (‘n Gelofte is glo gemaak toe die Koshuis se hoeksteen gelê is, dat daar nooit in die gebou gedans sal word nie)
Meeste van ons kon dans toe ons die skool verlaat het!
Koshuis-lewe was goed. Ons was geleer om aan te pas met reëls, geleer om selfstandig te wees, geleer om DANKBAAR te wees om in ‘n vooraanstaande skool, van die bestes in die land te wees!
In 1958 is die nuwe skoolsaal gebou en ingewy. Dit was ‘n weeklange fees en na maande se oefening en voorbereiding het ons almal deelgeneem aan die inwyding. Ons almal moes deelneem en vooraf het ons op baie maniére help geld insamel om vir ons nuwe saal te betaal. Ek onthou hoeveel dae het ons gehelp om makataan-stukke te prik met ‘n vurk en dis dan in huishoudkunde klas gekook.
Ek onthou al die toegewyde onderwyseresse wie vir ons skoolgehou het! SKOOL was heel anders as nou!
Daar was streng dissipline wat gehandhaaf was. Ons was vol kattekwaad, nou is dit “jeug misdaad”.
Ons was maklik vir ‘n kwartaal “gehok” wat beteken dat jy werklik net kerk toe kon gaan!
Ons skoolhoof was, soos gesê, ‘n statige ongetroude regte DAME, doelgerig en ons almal het die grootste respek en ontsag vir haar gehad.
Ander merkwaardige onderwysers wat ek nog goed onthou was:
Ander se name kan ek nie eens meer onthou nie, net hulle byname! Ou Plankie – sy was weerskante dieselfde en ou Pluto – skoolhoof!
Elkeen van hierdie onderwyseresse was werklik uitstekend! Hulle was toegewyd en elkeen het ‘n positiewe stempel op elkeen van ons se lewens geplaas, ek onthou hulle en EER hulle!
Dan is daar al die Larrie vriendiine – na al die jare het ek nog steeds ‘n paar met wie ek nog gereeld kontak het – en dan ONTHOU ons!
Daar is Joey van Wyk (nou v d Vyfer) – kom van Boegoeberg se Dam en woon nou op Hartenbos. Alida de Kock van Loeriesfontein (Louw) predikantsvrou, afgetree op Ceres. Jeanette Webb van Darling (nou in Stellenbosch). Emmarentia van Wyk (van Fraserburg) sy is ongelukkig al oorlede.
Ek, Jeanette, Joey en Alida is nog steeds vriendinne en ons is almal nou al 80 jaar oud!
Daar is nog boeke-vol ONTHOU – daardie wonderlike skooljare. Al die kosbare herinneringe dryf so stuk-stuk verby my en ek is so geseënd om byna alles nog te kan onthou!
My Larrie-jare 1956-1960 was van die kosbaarste jare wat ek bevoorreg was om te beleef.
Ek besit nogsteeds ons RIGTING-WYSER, “AN IF for girls” – wat elkeen van ons ontvang het toe ons in La Rochelle beland het….
AN ‘IF’ FOR GIRLS
If you can dress to make yourself attractive, yet not make puffs and curls your chief delight:
If you could swim and row, be strong and active, but of the gentler graces loose not sight,
If you can dance without a craze for dancing,
Play without giving play too much a hold,
Enjoy the love of friends without romancing,
Care for the weak, the friendless and the old,
If you can master French and Greek and Latin,
And not acquire, as well, a priggish mien
If you can feel the touch of silk and satin
Without despising calico and jean,
If you can ply a saw and use a hammer
Can do ‘n man’s work when the need occurs,
Can sing when asked, without excuse or stammer,
Can rise above unfriendly snubs and slurs
If you can make good bread as well as fudges,
Can stew with skill and have an eye for dust,
If you can be a friend and hold no grudges,
A girl whom all will love because they must,
If sometimes you should meet and love another
And make a home with faith and peace enshrined
And you its soul – a loyal wife and mother –
You will work out pretty nearly to my mind
The plan that’s been developed through the ages,
And win the best that life can have in store
You’ll be my girl, a model for the sages –
A woman whom the world will bow before.
ADA SIEBERHAGEN (DEMPERS)
Ada Sieberhagen (Dempers) regs en Joey van Wyk (van der Vyver) links 1960 matriek
Ada Sieberhagen (Dempers)