
SPORT
By La Rochelle beskou ons sport as ‘n baie belangrike aspek van skoollewe, aangesien ‘n gesonde liggaam ‘n gesonde gees huisves. Ons visie vir sport in La Rochelle is om met behulp van spesialis afrigters en fasiliteite elke dogter holisties te ontwikkel om kompeterend en passievol op verskillende vlakke te kan deelneem.
Ons sportfasiliteite sluit die volgende in: ‘n multi-funksionele sportsentrum, atletiekfasiliteite, netbalbane, tennisbane, hokkievelde, ‘n swembad en ‘n klubhuis.
SOMER
atletiek, tennis, swem, skaak
WINTER
netbal, hokkie, landloop, skaak, muurbal
ANDER SPORT
Ons leerders neem ook deel aan dans, toutrek, karate, lewensredding, binnehuise-hokkie, onderwater-hokkie, artistiese en ritmiese gimnastiek, bergfiets en perdry.
NOODHULP
Gereelde noodhulpkursusse word aangebied om leerders toe te rus. Die noodhulpspan doen diens by al ons tuiswedstryde.
ATLETIEK
TENNIS
SWEM
NETBAL
HOCKEY
PERDRY

