SCHOOL HISTORY

1860
Mev. Louisa Hugo

In 1860 het mev. Louisa Hugo (gebore Du Buisson) ‘n skool vir 40 dogters en jong dames begin. (Sy was die weduwee van Pieter Hugo, orrelis en musiekonderwyser). Die skool was waarskynlik die eerste waar skooldogters onderrig in Engels ontvang het en was geleë op die terrein van die huidige laerskool.

1872
Mev. Jan de Villiers

In 1872 word die skool deur prof. en mev. Jan de Villiers oorgeneem. (Hy was ‘n afstammeling van ’n Hugenoot, De Villiers, wat uit La Rochelle, Frankryk, gekom het). Jan ‘Orrelis’ was ook musiekonderwyser in die Paarl en het saam met sy vrou ook ‘n koshuis begin. In die skool, wat nou uit 200 leerlinge bestaan het, het hy die musiekonderrig behartig, terwyl mev. De Villiers die hoof van die ‘Ladies’ Seminary’ was. Engels was die medium van onderrig en Frans en Hollands is as vakke onderrig.

1890
Dr. Andrew Murray

Dr Andrew Murray realised the great need for educating girls and he founded the Huguenot Seminary in Wellington. Meanwhile, Professor and Mrs De Villiers asked the Northern Paarl Church Council to take over their school in Paarl, but the Council declined this request. Dr Andrew Murray offered to intervene, resulting in the Ladies’ Seminary becoming part of the Huguenot Seminary and the Department of Education in 1890. The principal of the Huguenot Seminary, Miss Ferguson, supported this move and consented that the property be bought.

1890
Miss Virginia Lee Pride

Miss Virginia Lee Pride, a teacher from the Huguenot Seminary, was appointed principal of the Paarl branch of the Seminary. Being young and inexperienced, Miss Pride’s task was a difficult one. Furthermore, as an American, she lacked the ability to communicate with some of the girls in their mother tongue, Dutch.

1899
Mej. Martha Helena Cillié

n 1899 word mej. Martha Helena Cillié‚ wat reeds jare op die personeel was, as hoof aangestel. Die leerlingtal was toe 221 en daar was 25 kosgangers. ‘n Nuwe skoolgebou (die huidige) met 11 klaskamers, saal, personeelkamer en kantoor word in 1902 in gebruik geneem. Die eerste jaarblad verskyn sedert 1906 jaarliks, behalwe in 1918 met die Groot Griep-epidemie.

In 1913, the school was separated from the Huguenot Seminary and became known as the La Rochelle Hogere School. The name means ‘the small rock’ and is a reference to one of the fort cities of the French Huguenots. The changing of the name caused some sadness among teachers and past pupils, but the aims of the school were kept intact. (The HEAD, The HEART and HAND have an equal place in the education of the young girls.) An interesting fact is that gradually Dutch was replaced by Afrikaans and the girls enjoyed their literature classes even more.

1921
Mej. Johanna Jacoba Meyer

Mej. Johanna Jacoba Meyer, ‘n onderwyseres van La Rochelle, volg mej. Cillié in 1921 op. In haar tyd as skoolhoof word die skoollied deur Jan F.E. Cilliers geskryf en deur M.L. de Villiers getoonset (1922). In 1923 word die skoolwapen in gebruik geneem en in 1924 word nog klaskamers aangebou. Die Oudleerlingbond word in 1929 gestig. Aan die einde van 1934 word Coligne-koshuis gesloop en die huidige koshuis gebou teen ‘n koste van 25 000 pond. Esperanza is in 1936 gesloop. Eendracht en Navarre word tans nog as koshuise gebruik.

1948
Miss Anna Christina Grundlingh

Another past pupil, Miss Anna Christina Grundlingh, succeeded Miss Meyer in 1948 and during her time the new hall was built, the inauguration of which took place in 1958. It was named after Miss J.J. Meyer.

In 1960, the school celebrated its centenary and besides outings, sports meetings, performances and a church service, the Martha Cillié Library was inaugurated.

1963 - 1992
Mej. Christa le Roux

Mej. Christa le Roux, nog ‘n oud-leerling van La Rochelle, word in 1963 as skoolhoof aangestel. Gedurende haar hoofskap word die swembad gebou, die hokkievelde in Bredastraat aangekoop en ‘n mediasentrum langs die biblioteek ingerig. Sy tree in 1992 na 29 jaar as skoolhoof van La Rochelle af en vestig haar in die Strand.

1992 - 2001
Mej. Johanna M. Longland

Mej. Johanna M. Longland, wat reeds vanaf 1972 aan die skool verbonde is, word in Maart 1992 as skoolhoof aangestel. Sy tree in Desember 2001 af en in Januarie 2002 tree sy in die huwelik met mnr. Nico Heydenrych. Tydens haar jare as hoof vind twee ingrypende veranderinge saam met die demokratisering van Suid-Afrika plaas: Toelating van ander kulturele groepe (Model B- en C- skoolbeleid word aanvaar) en die finansiële beheer van die skool deur die Beheerlliggaam.

Strukturele veranderinge vind ook plaas, soos onder andere die opgradering van die voorportaal, ontvangskantoor, rekenaarpraktyklokaal en leersentrum. Op akademiese gebied lei die invoer van Uitkoms-Gebaseerde Onderrig tot groot verandering in aanbiedinge en assessering.

2002 - 2021
Mej. Amanda Lochner

Mej. Amanda Lochner, was sedert Julie 1992 aan die skool verbonde as adjunkhoof, en volg mej. Longland in Januarie 2002 as skoolhoof op. In 2002 kry die Martha Cilliers Biblioteek ’n tweede vlak en die Johanna Longland Leersentrum word op 29 Mei ingewy.

In 2005 word ’n gedeelte van die die koshuis se waskamer omskep en die Boutique@Larrie kleremark word ’n werklikheid en ’n onmisbare deel van die skool.

In 2006 word die kleedkamers by die swembad in ‘n klubhuis en onthaallokaal omskep. Spreiligte en ‘n omheining is by die Hokkievelde in Bredastraat aangebring. Tydens mej. Lochner se hoofskap wen La Rochelle 10-keer die gesogte 4M trofee. Sport-en kultuurtoere oorsee, word ook ’n eerste vir La Rochelle.

In 2010 vier La Rochelle haar 150 ste bestaansjaar in swier en styl. ‘n Gedenkboek wat die 150 jaar uitbeeld, word uitgegee. Jeugleierseminaar vir plattelandse skole word in samewerking met Vrystaat Universiteit geloods. Eretoekenning aan presterende oudleerders en voormalige
skoolhoofde word oorhandig. Eerste Jaarblad verskyn in VOLKLEUR.

Volgehoue akademiese prestasie in die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen vanaf 2000-2020; handhawing van 100% slaagsyfer vir 26 jaar en 90% plus B-graad toelating. Dit lei tot die skool se verskyning op verskeie instansies se merietelyste; die laaste paar jaar ook by die Skole Ondersteuningsentrum.

The school was also the recipient of several awards for Academic Excellence from the Western Cape Education Department for consecutive years.

Die multi-funksionele En Avant-sentrum word in 2015 voltooi, ’n eerste in die Paarl. Die Astro baan word in 2020 gebou en eers in 2021 in gebruik geneem weens COVID-19. Met behulp van Drakenstein Munisipaliteit en Departement Openbare Werke, word die jarelange grondeis by Bredastraat afgehandel. In ruil ontvang La Rochelle die Du Toitstraat Tennisbane.

Juf. Lochner tree einde Julie 2021 na 19 en ‘n half jaar as hoof van La Rochelle af.

2022
Mev. Elsabé Conradie