Onderwysers wat my gevorm het (Mariechen Vermeulen)

Uitblinker droom oor die onderwys was die opskrif van ’n kort artikel in ’n plaaslike koerant ná afloop van my NSS eksamen, waarin ’n joernalis omtrent alle feite oor my verkeerd gekry het. Tot vandag toe kry ek skaam vir die  manier waarop ek in hierdie artikel uitgebeeld is. Die enigste feit wat die joernalis egter reggekry het was: 

Mariechen se droom is om eendag by haar ou skool ’n vak soos Biologie te onderrig. “La Rochelle is ’n topskool en ek wil graag tot hulle goeie standaarde bydra.” 

Ek is bitter bevoorreg om te kan sê dat ek daardie droom vir 7 jaar geleef het en boonop kon ek as grootmens langs  baie van die onderwysers wat vir my klas gegee het as ’n gelyke staan.  

’n Skool is ’n goeie skool omdat die personeel wat daar werk dit so maak. Die voortbestaan van sy tradisies, moraal,  die geluk van sy leerders en akademiese, sport- en kultuursukses hang alles daarvan af. 

Tog voel die onderwys baie keer soos ’n ondankbare werk. Dieselfde kinders wat alles van jou verwag sal selde  daarvoor dankie sê en eers jare later besef watter kernrol jy eintlik in hul lewens gespeel het. Toe ek in 2014 self as  onderwyser by La Rochelle instap, het ek eers tot hierdie insig gekom.  

Dis nie dat ek ondankbaar was toe ek self ’n leerder was nie, ek was net so gefokus op my eie struwelinge en  stressors, dat ek nooit eens daaraan gedink het om vir ’n onderwyser ’n briefie te skryf en dankie te sê nie. Tipies  tiener, nè? 

So ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die onderwysers wat my gevorm het te verewig en te  vereer – en dit is hartseer dat van hulle nie meer vandag met ons is nie, maar gelukkig het ek die geleentheid gehad  om hierdie woorde tydens ’n toespraak by ons personeelafskeid in 2016 oor te dra.  

Schoemie (Juffrou Schoeman) 

Jy en La Rochelle vir my een konsep. Ek kan nie die skool sonder jou indink nie. Jy verteenwoordig vir my passie vir  jou beroep, want jy is altyd daar, altyd betrokke en daar is geen ‘half measures’ nie. Dankie vir die voorbeeld van ’n getroue, passievolle mens wat jy vir my gestel het. 

Antionette (Juffrou Kramer) 

In die Huishoudkundeklas het jy daarop aangedring dat ons elke liewe bestanddeel in sy eie bakkie moet afmeet  voordat ons met die resep begin. Dit het my eindeloos frustreer en ek het gedink jy wil net vir ons genoeg  skottelgoed veroorsaak om skoon te maak indien ons vroeg klaar is! Maar weet jy wat? Ek kook vandag nog so! Ek  het besef dat jy my eintlik geleer het om voorbereid te wees. Dit was ’n lewensles: maak seker dat al jou eendjies in  ’n ry is voordat jy die water in vertrek. Ek benader vandag nog die meeste aspekte van my lewe so, nie net bak en  brou nie, so dankie daarvoor! 

Sonet (Juffrou Vorster) 

Jy was, en is steeds, die toonbeeld van vroulikheid vir my. Jy stel vir ’n jong meisie só ’n mooi voorbeeld van wat dit  is om respekvol en soos ’n dame op te tree. Dankie dat jy en Antionette my ook op my eerste dag as onderwyser onmiddellik welkom laat voel het – nie soos ’n leerder tussen die grootmense nie. 

Gerhard (Mnr Kroukamp) 

In my skooldae was jy nie net een van twee mans op die personeel nie, maar jy was ook ’n goeie voorbeeld van hoe  ’n man ’n vrou moet hanteer. Daarom moet ek vandag bieg dat ek ietwat van ’n ‘crush’ op jou gehad het! Jy stel vir  die meisies so ’n mooi voorbeeld van hoe ’n man behoort op te tree – maak die deur oop, staan op, lig nie jou stem  nie. Dankie vir die goeie, manlike rolmodel wat jy is.

Christa (Juffrou Vos) 

Ek het jou nog altyd bewonder vir die Christelike lig wat jy uitstraal. Jy gee regtig vir jou medemens om. Jy is  toegangklik en vertroostend – ’n veilige hawe vir baie leerders en personeel. Ek wil ook vir jou dankie sê vir al jou  ondersteuning van my kreatiwiteit oor die jare. Dit het my altyd geïnspreer om aan te hou, al het ek nie altyd in  myself geglo nie. Jou vriendskap en vertroue het my deur baie moeilike tye gedra. 

Marieta (Juffrou Steyn) 

Ek het Afrikaans tot in matriek by jou gehad. Dit was een van daai klasse waar ek kon instap en nie angstig voel nie.  Jy skep altyd ’n atmosfeer van kalmte rondom jou en jy het die vermoë om na iemand te luister, stil daaroor na te  dink en dan eers te antwoord. Dankie vir al die klasgesprekke oor lewensdinge en dat jy ’n vat-hom-soos-hy kom gesindheid vir my geleer het. Jy het my gewys dat ’n mens dinge dag vir dag moet vat en net doen wat jy kan – dit is  genoeg. 

Corné (Juffrou Coetzee) 

Ek het Rekenaartik en EBW in Graad 8 en 9 by jou gehad. Jy was tóé reeds vir my ’n voorbeeld van ’n ongelooflike  voorbereide onderwyser. Nou dat ek weet jy ook ’n oud-Larrie is, maak dit natuurlik baie sin! Jy skep sulke struktuur  in jou werk dat dit ’n mens altyd veilig laat voel – en dit is vir ’n leerder van uiterse belang. Leerders respekteer  onderwysers wat voorbereid is en dus kalmte en sekuriteit in hulle klasse skep. Dankie dat jy altyd vra “Hoe gaan  dit?”, “Hoe voel jy?” Baie keer doen jy dit net op die regte oomblik as mens dit die nodigste het. 

Lynette (Mrs Neethling) 

You were my Grade 12 mother and my school mother during my years as teacher at La Rochelle. Thank you for  listening to all my personal problems, giving me advice and supporting me in tough times. Thank you for trusting me  with your baby – the annual. Because of your hard work and dedication, we literally have a recipe to work with every  year and it makes life so much easier! You made the annual a product we can be proud of as a school. Thank you for  being such an exceptional teacher and role model. Your attention to detail and calm, collected way of being has  always been a comfort to me. 

Wolfie (Mr Ratz) 

You are the spirit of La Rochelle to me. My fondest memories are of your poems and stories in assembly, your Larrie flarrie, reading Animal Farm and reciting your anthem ‘Let me not to the marriage of true minds’ at the beginning of  every lesson. I recited it at my wedding too and I still remember every word of that sonnet today. You and Colleen  were the epitome of a healthy, loving marriage for every girl at La Rochelle. It was the best example of what we need  to look for in life and I am very happy that I could find that for myself. Your positive spirit and sense of humour made  my school years, and the one year I had teaching alongside you, the greatest pleasure. Thank you. 

Susan (Juffrou Potgieter) 

Skeinat was defintief nie my gunstelingvak nie, maar jy was beslis my gunstelingjuffrou. By jou het ek geleer hoe om  bitter moeilike konsepte te verwerk en distilleer tot die essensie. Die meeste van my sê-goed het ek by jou geleer.  My gunsteling is: “’n Reël is nie ’n reël sonder ’n uitsondering nie.” Jou positiwiteit, sin vir regverdigheid, passie en  energie is aansteeklik. Ek sal nooit vergeet hoe mooi jy my hanteer het toe ek my een (en enigste) klastoets oor  elektrisiteit gedruip het nie. Ek hoop ek was vir leerders in my klas só ’n toevlug soos wat jy vir ons was. 

Susara (Juffrou Nortje) 

Wat ’n ongelooflike voorreg om in jou klas te kon staan en Lewenswetenskappe onderrig. Dieselfde klas waar ek in  die tweede ry as leerder gesit het en jy my elke dag geïnspereer het om ’n oorweldigende liefde vir Biologie te hê. Ek  is die meeste spyt dat ek nooit vir jou op skool gesê het hoe baie ek jou waardeer nie. Ek is grotendeels vandag ’n goeie Lewenswetenskappe-onderwyser, oor die voorbeeld wat jy gestel het. Van die manier waarop jy jou klasse  begin het ─ ‘check’ in met jou leerders en gesels so ’n bietjie ─ tot die manier waarop jy onderrig het ─ verduidelik  eers met beeld en stories en onderstreep dan om te beklemtoon. Jy was altyd voorbereid, het altyd geweet waar ons met die werk is en het ons altyd veilig laat voel. Daar was nie een dag dat ek met angs in jou klas ingestap het nie. Ek  het altyd daarna uitgesien en jy was beslis my inspirasie om self ’n Lewenswetenskappe-onderwyser te word. 

Juffrou Lochner 

Juffrou sal altyd my skoolhoof bly. Juffrou het die vermoë om die potensiaal in ander raak te sien en dit te versorg en  laat groei. As leerder het ek juffrou se styl, werksetiek en liefde vir Geskiedenis en tradisies bewonder. As  personeellid was dit my voorreg om saam met juffrou te werk en die mens agter die titel leer ken. Jy is bitter slim,  vlymskerp, opreg en gee werklik om vir jou personeel. Dankie dat ek my talente as onderwyser in La Rochelle kon  kom uitleef en dat juffrou my vertrou het om die Lewenswetenskappe-department oor te neem op so ’n jong  ouderdom. Juffrou se geloof en trots in my het my daagliks gemotiveer. Ek is ’n trotse Larrie wat onder juffrou se  leiding grootgeword het in ’n skool wat werklik jong meisies bemagtig om hulle toekomste te eien. 

Ter afsluiting, dankie dat ek onder elkeen van julle se leiding kon grootword en dat ek julle, ná 7 jaar saam in die La  Rochelle-skip, as vriende kan tel. My jare by La Rochelle as onderwyser sou nie naastenby so spesiaal gewees het as  julle nie nog almal daar was nie.