Nadia Honiball, nasionale nuusredakteur van Netwerk24, het in 1989 as Nadia Louw gematrikuleer by La Rochelle. Sy was dux-leerling in matriek, op die leerlingraad in gr.11 en 12, het vir die eerste span netbal gespeel en wil geen onderwyser uitsonder oor die impak wat hulle op haar gehad het nie. Hulle was almal wonderlik. Sy het joernalistiek studeer by die Universiteit van Stellenbosch, was vir jare ‘n joernalis by Die Burger en daarna adjunk-redakteur by Huisgenoot voor sy hoof van nuus by Netwerk24 geword het. Sy het al van gr.8 af vir almal by die skool vertel sy gaan eendag ‘n joernalis word. Sy is getroud en ook die ma van twee seuns.
Hallo Larries
Ek gaan julle nie verveel met lang stories oor my jare by La Rochelle nie – ek was daar van gr.1 tot matriek. Oud-Larries gaan ook hoogs verveeld voel om te lees oor iemand anders se lewenspad – want ek gaan mos nou ook nie al my skandes hier kom oopvlek nie. Netnou sensor hulle my hele storie!
So ek wil eerder vir julle skryf oor die 10 goed wat ek wens ek geweet het toe ek op skool was. Dalk help dit iemand.
Baie liefde en sterkte aan die matrieks met die eksamens!