Ek is verseker een van daardie “gemiddeldes”, “don’t amount to much” as ek gemeet word aan Larries wat die hoogste sport en mylpale bereik het; of wat die grense versit het! My storie is dood-normaal, en in dieselfde trant as so baie ander.
Tóg, as ons na ander se stories luister, klink dit altyd soveel beter as ons eie. Soveel meer opwindend met “wow”-oomblikke besaai en rykdom “unimagineable”. En dis juis die rede waarom ek by Nadia se storie wil aansluit en sê ek wéns ek het toe geweet wat ek nou weet! Jy hoef nie in iemand anders se boksie te pas nie! Jy hoef nie die A-kandidaat te wees nie, niemand lyk op 50 soos op 18 nie (ja ok, behalwe die filmsterre).
By La Rochelle het ek ingeloop as ‘n skaam, plattelandse meisie met geen idee van baie dinge daar buite nie. My eerste paar dae in die koshuis was besaai met skok-oomblikke van nuwe taalgebruik, ander waardes en innoverende interpretasies van reëls, reg en reverdigheid. Ons is ‘n vreemde mengelmoes wat saamgegooi word vir 24-uur ‘n dag, sewe dae n week en ons deel álles! Dit was die lekkerste-swaarste van koshuislewe vir my – die feit dat jy nooit alleen-tyd nie, maar dat jy ook nooit alleen staan nie. Vir vyf jaar was my kamermaats my susters, het ons lief en leed gedeel en het ek so, so baie van julle almal geleer. Ek het meer tyd met julle spandeer as wat ek ooit met my eie gesin spandeer het, behalwe vir vakansies.
Ek het saam met van julle geleer hoe om in die donker te hardloop; hoe om studiebriefies in Frans te skryf sodat die prefek dit nie kan lees nie; hoe lekker dit is om in die vierkant te “tan”; hoe om iemand vas te hou wat stukkend is; en hoe om vasgehou te word as ek stukkend is.
All these lessons amounted to so much! Dis hierdie oomblikke wat die belangrikste storie vertel: hoe ek by La Rochelle uitgeloop het!
La Rochelle en die Hoofgebou het my gevorm in ‘n vrou wat opstaan vir dit waarin sy glo. Dit het my hardgenoeg gemaak dat die lewe nie bo-oor my gaan loop nie. Ek het geleer dat almal nie van my kan of gaan hou nie, maar dis OK! Ek gaan dalk ook nie van jou hou nie.
Ek het geleer dat die lewe nie regverdig is nie, maar dat ek sterk genoeg is om op te staan en te bou op die blokke wat bedoel was om my toe te gooi. Ek het geleer dat mense goed sê wat nie waar is nie of seermaak of nie sin maak nie, maar dat ek dit nie hoef te “own” nie.
Ek het geleer dat één onderwyseres se geloof in my, die wêreld se verskil maak – en ek wens meer onderwysers kon dit besef. Ek het ook geleer dat dié wat nie in jou glo nie, nie saak in jou storie maak nie.
Ek het geleer van die Liewe Vader, al sou dit my jare vat om regtig, egtig naby Hom te wees. Dis ook ok, want ek het geleer dat Hy baie, baie geduldig én lief vir my is!
Ek het my eie storie geskryf. Niemand kan pa-staan vir enige van my besluite buiten ekself nie. Is daar oomblikke wat ek wens met potlood geskryf was en met ‘n uitveër uitgewis kan word? Ja! Sou ek as ek kon? Seker ja. Maar wil ek? Nee. My lewe is soos ‘n wingerd wat gepars is en nou is die proses klaar en die wyn is gebottel, gekurk en ge-“label”! LIewe Jesus het hierdie wyn ook gemaak! Hy het die label voor die wingerd geken.
Wees trots op jou storie; own it! Dis joune en al vertel iemand dit anders, jy het die “blueprint” en ken die feite. Dis JOU storie.
Boonste foto in tent: agter( Brigitte Theron en lins voor is Norma Mohr en regs is Petro)
Onderste foto Karina Burger links en middel Karen van Graan en Petro regs
Boonste foto: links agter Petro, Urselia Dreyer en Tania Gagiano en voor is Noleen Lubbe
Foto van skoolrokke ) laaste dag van matriek – koshuismaats : Sonette van Rhyn, Petro en
Gerrie Boonzaaier. Voor is Tania Gagiano en Jacolize Fryer
Petro Pienaar now.