‘n Troeteldier vir beginners

deur: Iris Saunders

Wat doen plante as jy hartseer is?

Hulle fotosimpatiseer.

Plante is is ‘n bate vir almal se slaapkamer. Dit laat mens rustig voel, dit verskaf suurstof en dit kan ‘n vertrek wat andersins vaal sou lyk, heeltemal opkikker. Elise Buys is die eienaar van The Planted House in die Paarl wat mense se huise optooi met plante. Op universiteit het sy in ekologie, plantkunde en dierkunde gestudeer.

Volgens Elise het almal ‘n geraamte in die kas van ‘n plant wat nie heeltemal die sorg wat ons bied, of die tekort daaraan, waardeer het nie. Volgens haar, is die plant wat die moeilikste is om te ontstel, die heartleaf philedendron. Hierde plant is nie vol fiemies nie, inteendeel, dit verkies om soms afgeskeep te word en dit floreer met minder sonlig. Hierdie plant is ook op dr. Wolveran se lys van 50 plante om in die ruimtestasie te sit om koolstofdioksied in suurstof te verander.

Elise sê ook dat terwyl baie mense bekommerd is dat hulle plante te min water kry, gaan meer huisplante dood van te veel water. As ‘n plant te min water het, sal dit jou waarsku deur stadig te begin verlep, maar as jou plant te veel water kry, sal dit piekfyn lyk en dan uit die bloute uit doodgaan. Die wortels sal ondergronds vrot en eendag sal jou plante net doodgaan. Haar raad is om jou vinger so rondom 3 cm in die grond te druk en dan te voel of dit droog of nat is en of jy water moet gee.

Huisplante kort ook eintlik nie baie sonlig nie en die optimale toestand vir ‘n huisplant is ‘n kolletjie met goeie indirekte sonlig. Plante soos enige philodendron, pothos of skoonma-se-tong doen ook goed met baie min sonlig.

Elise stel ook voor dat ons plante in al die klaskamers by die skool plaas, hierdie byvoeging sal die lig suiwer. Ons kan dan seker maak daardie plante fotosinteer gedurende die dag en nie oornag nie. Daar sal dan heel dag skoon lug vrygestel word wat optimale leer bevorder. 

‘n Plantjie is waarlik soos ‘n troeteldier vir beginners. Dit kort kos en water en kan tonne genot vir die eienaar verskaf.