Die belangrikheid van pi (π)
Bianca van der Walt
Ons is almal bekend met die getal pi wat skuil aan die onderkant van ons sakrekenaars. Ons hoor gereeld van wiskundiges hoe belangrik hierdie getal is – maar is dit werklik?
‘n Algemene vraag waarmee onderwysers gedurig in die wiskundeklas mee gebombardeer word is: “Hoekom is dit belangrik vir ons om dít te weet?” of “Waarvoor gebruik mens híérdie nou eintlik?” Die antwoord as dit kom by pi, is dat jy dit vir meer gebruik word as om net die omtrek en oppervlakte van ‘n sirkel uit te werk.
Pi is nie net ‘n irrasionele getal nie, maar die merkwaardigheid van hierdie getal is dat dit feitlik geen patroon behou nie en dit is juis wat hierdie getal so bekend maak. Die spiraal van DNS dubbel helix, die pupil van iemand se oog, die fisika wat die beweging van golwe beskryf tot die vorm van riviere – alles betrek hierdie bekende getal.
‘n Paar maande terug het daar ‘n boodskap op my foon verskyn: Die Swede het ‘n nuwe rekord vir pi(62.8tn) opgestel. Die vorige rekord was slegs 50tn desimale plekke en hierdie keer was die rekord 3.5 keer vinniger opgestel.
‘n Mens sit gereeld in die wiskundeklas en gebruik net die waardes wat vir jou voorsien word, maar wanneer jy hierdie getalle of formules navors en ‘n bietjie dieper as die voorgeskrewe handboek delf, kry jy nuwe waardering en respek vir hierdie wiskundige verskynsels.
In 1873 het ‘n wiskundige, William Shanks, met die hand 707 desimale plekke van pi uitgewerk. ‘n Dekade later is daar egter bewys dat hy ‘n fout gemaak het by die 528ste desimaal.
Kan jy jou voorstel? Wiskunde is reeds vir die meeste van ons moeilik – wat sou gebeur as ons die eerste 100 desimale syfers van pi vir ‘n wiskunde toets moes memoriseer?